Our Lady of Medjugorje Messages containing 'wyse'

Total found: 29
Liewe kinders, vandag dank ek julle vir die belewing van my boodskappe en die getuienis van jou lewenswyse. Liewe kinders, wees sterk en bid, sodat die gebed jou sterkte en vreugde mag skenk. Alleen op hierdie wyse sal elkeen van julle myne wees en ek kan julle na die weg van die verlossing bring. Liewe kinders, bid en getuig van my teenwoordigheid hier met jou lewe. Mag elke dag vir julle 'n vreugdevolle getuienis is van God se liefde. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.
Liewe kinders, dit is die tyd van genade. My liewe kinders, vandag op besondere wyse met die klein Jesus, wat ek in my arms hou, gee ek julle die geleentheid om vir die vrede te kies. Deur julle 'ja' vir die vrede en julle keuse vir God gaan daar 'n nuwe moontlikheid vir die vrede oop. Alleen so, my liewe kinders, sal hierdie tyd 'n tyd van vrede en welsyn is. Gee daarom die pasgebore Jesus die eerste plek in jou lewe, sodat Hy jou op die weg van die heil kan bring. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.
Liewe kinders, ontwaak uit die slaap van die ongeloof en van die sonde, want dit is 'n tyd van genade wat God jou gee. Benut hierdie tyd en soek deur God die genade van die genesing van jou hart, sodat jy God en die mense met die hart mag sien. Bid op 'n besondere wyse vir diegene wat die liefde van God nog nie erken het en gee getuienis met jou lewe, sodat hulle ook God en sy onmeetlike liefde erken. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.
Liewe kinders, ek sou my vreugde met julle almal wil deel. In my Onbevlekte Hart voel ek dat baie nader aan my gekom het, en op 'n besondere wyse deur gebed en bekering die oorwinning van my Onbevlekte Hart in hulle harte dra. Ek sou jou wil dank en aanspoor, met liefde en die krag van die Heilige Gees, nog meer vir God en sy Ryk te werk. Ek is met elkeen van julle en seën julle met my moederlike seën. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.
Liewe kinders, vandag, nou die hemel julle op 'n besondere wyse naby is, Ek roep jou op tot gebed, sodat jy deur die gebed God op die eerste plek sou sit. My liewe kinders, vandag is Ek by julle en ek seën elkeen van julle met my moederlike seën, sodat jy sterkte en liefde vir alle mense mag hê, wat jy in jou aardse lewe ontmoet, en sodat jy die liefde van God deur kan gee . Ek verheug my met julle en ek wil jou sê dat jou broer Slavko in die hemel gebore is en vir julle ten beste spreek. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.
By die laaste daaglikse verskyning op 12 September 1998 het die Maria teen Jakov dat hy een maal per jaar 'n verskyning sal kry, en wel op 25 Desember, met Kersfees. So gebeur dit ook hierdie jaar. Die verskyning begin om 15.20 uur en geduur tien minute. Die Moeder van God was tevrede met die Jezus kind op haar arm. Hulle geseën almal en gee die volgende boodskap:
Liewe kinders, vandag, nou Jesus gebore is en deur sy geboorte onmeetlike vreugde, liefde en vrede bring, roep ek julle op 'n besondere wyse op, Jesus jou ja-woord te gee. Open jou hart sodat Jesus daar binne kan kom, in jou woon en deur jou begin werk. Alleen so sal jy die ware skoonheid van God se liefde kan verstaan. Liewe kinders, verheug jou oor die geboorte van Jesus en bid vir al die harte wat nie vir Jesus oopgemaak het, sodat Jesus in hulle kan ingaan en deur hulle kan werk, sodat elke mens 'n voorbeeld van die ware mens kan wees, deur wie God werk.
Liewe kinders, ook in hierdie onrustige tyd roep ek jou tot gebed op. My liewe kinders, bid vir die vrede, sodat elke mens in die wêreld die liefde tot die vrede mag voel. Slegs wanneer die siel die vrede in God vind, voel hulle tevrede en sal die liefde in die wêreld begin te vloei. My liewe kinders, op 'n besondere wyse is jy geroep om die vrede te beleef en daarvan te getuig - vrede in jou hart en in jou gesinne - en deur julle sal die vrede ook in die wêreld begin om te vloei. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.
Liewe kinders, ook vandag, terwyl ek na julle kyk met 'n hart vol liefde, wil ek jou graag sê, klein kinders, dat wat jy met volharding soek en waarna jy verlang, vir julle lê. Die volstaat om my Seun, in 'n gesuiwerde hart, op die eerste plek te stel en dan sal jy in staat wees om te sien. Luister na my en staan my toe om julle daar op moederlike wyse na toe te lei.
Liewe kinders, ook vandag roep ek jou op, my boodskappe nog sterker te beleef in nederigheid en liefde, sodat die Heilige Gees jou met sy genade en krag kan vervul. Alleen op hierdie wyse sal jy getuig van vrede en vergifnis is. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het.
   




To compare Medjugorje messages with another language versions choose

For God to live in your hearts, you must love.

`